FRANCINE BEATON skryf Afrikaans! #Afrikaans #Romanse #Boeke #storie

ONTMOET FRANCINE BEATON

Romanse skrywer Francine Beaton se eerste storie- ‘n kontemporêre sport romanse genoem EYE ON THE BALL- is gepubliseer in April 2018 nadat sy begin skryf in Julie 2016. Francine woon in Pretoria, maar sy is lief daarvoor om na ver plekke te reis en oorweeg Skotland haar tweede tuiste. Wanneer sy nie lees of skryf oor liefde en gelukkige eindes nie, is sy waarskynlik besig om te skilder of foto’s te neem van alles wat haar aandag aangryp. Gedurende die rugbyseisoen sal jy weet waar om haar te vind. Dit sal óf langs die rugby veld of voor die televisie wees, na aanleiding van haar gunsteling spanne. Dit is waarskynlik nie moeilik om uit te vind waarom haar debuutroman, Eye on the Ball, asook die reeks, Playing for Glory, rugby as ‘n tema het nie.

SOSIALE MEDIA PLATFORMS

Webtuiste

Instagram

Facebook

Twitter

Goodreads

Amazon

Bookbub

Pinterest

BLOUBERG-REEKS

BLOU SOMER (BLOUBERG-REEKS, BOEK 1)

‘n Kortstondige verhouding net voor Kersfees was veronderstel om meer as net dit te wees. Dit was wat Nathan Sinclair vir Meghan Carstens belowe het en sy het hom geglo. Sy moes geweet het dat dit ‘n leuen was en dat Nathan nie veel anders is as al die ander skobbejakke voor hom nie. Toe hulle ‘n paar maande later weer ontmoet, het Meghan aanvaar dat dit verby was. Nathan het haar geïgnoreer asof die paar dae wat hulle saam op Tweekop spandeer het, nooit gebeur het nie. Meghan het dieselfde gedoen, al het dit seergemaak.

Meghan was deel van ‘n bedryf wat Nathan gehaat het. Behalwe sy ma en  suster, het hy enigiemand wat deel daarvan was, soos die pes vermy.   Hoekom voel hy dan hierdie magnetiese aantrekkingskrag vir die verleidelike ontwerper?

Wanneer die waarheid eindelik uitkom, sal Meghan vir Nathan kan vergewe en hom nog ‘n kans gee?

https://amzn.to/2RxXnEp

‘N STUKKIE BLOU HEMEL (BLOUBERG-REEKS, BOEK 2)

Hulle mag dalk stiefbroer– en suster wees, maar daar was geen liefde tussen Marcus Walker en Annie Sinclair nie. Marcus het deeglik daarvan seker gemaak. Hy het sedertdien die prys daarvoor betaal.

Annie het vyf jaar in self-opgelegde ballingskap in New York gebly. Toe haar huwelik eindig, keer  Annie en haar dogter terug na Blouberg om weer heel te word.

Om Annie vir die eerste keer sedert haar troue te sien, was ʼn skok vir Marcus. Hy het net begin om weer die stukkies van sy lewe op te tel en was nog nie gereed om Annie te sien nie.

Vir twee jaar het Marcus in die agtergrond gebly en  gekyk hoe Annie weer heel word. Toe dit gebeur, was Marcus daar. Was Annie gereed of het Marcus sy tweede kans verloor om hul stukkie blou hemel op Blouberg te vind?

https://amzn.to/2RTQqm8

KLEIN BIETJIE BLOU (BLOUBERG-REEKS, BOEK 3)

Adam Walker voel soos ʼn vreemdeling in sy gesin en dit is alles sy eie skuld. Vir jare verberg hy al ʼn geheim van sy hegte gesin. Hoe kan Adam hulle in sy vertroue neem as sy geheime plesiertjies sy familie uitmekaar kan skeur?

Nicola Evans arriveer op Blouberg as die nuwe bemarkings- en  funksiekoördineerder met haar eie geheimpies maar tog kry die vrou met die  bosgroen oë reg wat niemand nog vantevore kon doen nie. Sy slaag daarin om die muur wat Adam om hom gebou het af te breek. Nicky is ʼn versoeking wat Adam nie kan weerstaan nie.

Geheime kan nie vir altyd verborge bly nie.  Die waarheid seëvier altyd. Nicky moet ʼn keuse maak wanneer Adam die grootste struikelblok van sy lewe moet trotseer: Bly sy om hom te help of vlug sy met haar geheim nog veilig?

Kan Nicky die kans waag om Adam te help om vir eens en altyd los te breek van die kettings wat  hom aan sy verlede  vashou?

https://amzn.to/2IW6jn4

PAD NA GLORIE-REEKS

JAKES SE GEHEIM (PAD NA GLORIE, BOEK 1)

“Fokus! Hou jou oog op die bal en bly weg van vroumense.” As ‘n professionele rugbyspeler het Jakes du Plessis se mantra nog altyd goed gewerk. Tydens ‘n besoek aan Denver vir terapie, dreig ʼn ontmoeting met Angie Summers om Jakes se planne omver te gooi. Spoke uit sy verlede herinner hom hoekom hy nie uitgeknip is vir ‘n verhouding nie en hy vlug terug na Suid-Afrika.

Toe Angie vir Jakes du Plessis ontmoet, was sy verbaas deur die emosies wat die groot Suid-Afrikaner ontlok, veral omdat sy nog ‘n ander man se ring dra.

Die noodlot het egter ander planne. Vlug het nie gehelp nie aangesien Angie in Suid-Afrika opdaag, oënskynlik om haar broer te help, maar ook in die hoop om Jakes te oortuig om hulle ‘n kans te gee.

Kan Jakes sy verlede begrawe en Angie ‘n tweede kans gee? Kan Angie daarin slaag om Jakes te oortuig dat liefde alles kan oorwin?

https://amzn.to/329ILSR

‘N KANS VIR CHRISTOPHER

(PAD NA GLORIE, BOEK 2)

Daar is ‘n fyn skeidslyn tussen liefde en haat …

Toe Christopher Brooks vir Riley Adams by die eerste mediakonferensie van die jaar raaksien, was dit asof iemand hom met ‘n  vuishou slaan. Maak nie saak watter gevoelens sy aanwakker nie. Christopher kan haar nie weer in sy hart toelaat nadat sy dit sewe jaar gelede gebreek het nie. Of kan hy?

Riley Adams het nie die luuskheid om Christopher te haat of te ignoreer nie. Hul lewens is onlosmaaklik verbind. Haar beste opsie is om Christopher so gou moontlik te konfronteer voordat hy haar geheim leer ken.

Wanneer Christopher hoor wat sy te sê het, gaan hy haar nog meer haat of sal hy bereid wees om haar te vergewe?

https://amzn.to/31cWcCn

Hosted by

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: